User talk:GerswinCupido

Page contents not supported in other languages.
Source: Wikipedia, the free encyclopedia.

Die beskrywing van die huidige jeug as deel van generasie Y wek dikwels assossiasies met woorde soos egosentries, ongefokus en apaties, maar ontmoet jy die jong Gerswin Cupido word hierdie beeld totaal omgekeer en steek woorde vas soos onbaatsugtig, entoesiasties en gedrewe.

Gerswin Cupido se inherente dryf om nie ‘n slagoffer van sy omstandighede te word nie, het reeds op ‘n baie jong ouderdom tot ‘n doelbewuste besluit rakende sy toekoms aanleiding gegee.

Gerswin word groot op ‘n plaas in die Herbertsdale-omgewing. Hy stap daagliks 5km om Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai by te woon waar hy as onderhoofseun aangewys word. In hierdie hoedanigheid stel Gerswin ‘n navolgenswaardige voorbeeld en reik uit na ander leerders.

In 2010 kry Gerswin die geleentheid om na Hoërskool Langenhoven in Riversdal te gaan waar hy op die Verteenwoordigende Raad vir Leerders in grade 9, 10 en 11 dien. Hy werk ook as tegniese beampte by Radio Eden FM en raak betrokke by gemeenskapsuitreike. Hy is oa betrokke by die skoolkoerant wat ‘n tweede plek behaal in Die Burger se Skoolkoerant-kompetisie.

Nadat hy in 2014 matrikuleer, word hy as jeugontwikkelaar aangestel deur die Lid van die Provinsiale Parlement in die Hessequa-streek. Hy dien ook op Albertinia se Feeskomitee, sowel as die Polisieforum, trauma-eenheid en word deur verskeie instansies genader om projekte vir hulle te organiseer.

Gerswin is tans ‘n projekbestuurder, motiveringsspreker en jeugaktivis. Hy het homself ook in ‘n posisie beklee as onderwyserverteenwoordiger op die Skool-Beheerliggaam, asook skakelopvoeder vir die Verteenwoordigende Raad vir Leerders by Hoërskool Albertinia. In Februarie 2016 word Gerswin op ‘n vryskutbasis aangestel as die skakelpersoon van die SBA in die Hessequa-streek. Hy bied ondersteuning met die implementering en logistieke reëlings van ‘n verskeidenheid geletterdheidsprojekte, nl. Zoë-Leesprojek, Dramaverryking- en Mentorskapprogramme, asook die Stories uit Melkhoutfontein-projek wat geloods is in 2016 te Artscape met die befaamde Sandra Prinsloo. In hierdie Afrikaanse rol bewys Gerswin homself as uiters organisatories, bekwaam, betroubaar en verantwoordelik. As aanhanger van die Afrikaanse kultuur het hy ook al ‘n paar sangrolle in plaaslike produksies vertolk en ondersteun Gerswin jongmense in Hessequa met sang- en vermaaktalent, om ook hul drome na te volg. Gerswin is tans besig om onderwys deeltyds te studeer deur UNISA, maar het voor hierdie studies uitgehelp by ‘n skool sonder enige kwalifikasies direk na matriek vir grade 10 -12 by Hoërskool Albertinia Lewenswetenskappe gegee omdat hy glo dat kinders top onderwys moet kry. Gerswin het ook na matriek die Grondwet by verskeie skole aangebied vir leerders en is deur die Provinsiale Parlement se Uitreikingspan genader om dit te doen as ook verskeie trauma werk gedoen in sy gemeenskap.

Woorde wat my bybly in my ontmoetings met hierdie jong man, is dinamies, kultureel-lojaal en toekomsgerig.

Synde ‘n jong volwassene wat homself bo sy moeilike omstandighede verhef het, is sy visie om ‘n konstruktiewe bydrae tot spesifiek die Afrikaanse jeug in die Wes-Kaap te maak. Gerswin Cupido is in 2018 as Ambassadeur verkies tot Afrikaans.com om nogmeer bemagtiging te doen in platteland.